Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge

Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge

by Lukas Daniel 'Niël' Barnard, Tobie Wiese (With)
Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge

Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge

by Lukas Daniel 'Niël' Barnard, Tobie Wiese (With)

eBook

$11.99  $15.89 Save 25% Current price is $11.99, Original price is $15.89. You Save 25%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

In die vroeë 1990's is Suid-Afrika op 'n mespunt. Nelson Mandela is uiteindelik vry, maar 'n vreedsame politieke oorgang lyk byna onmoontlik. Links én regs staan gereed om die wapen op te neem. Te midde van dié dreigende geweld, met die land se toekoms op die spel, kom die grootliks onvoorbereide en koerslose NP-regering teen die ANC te staan by Kodesa. As hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI) is Niël Barnard sentraal tot dié onstuimige proses, wat telkens byna ontspoor. Barnard was daar die dag toe die altyd-kalm Nelson Mandela sy humeur verloor en teen FW de Klerk begin uitvaar. Hy het eerstehands beleef hoe die morele hoëgrond deur die NP se vingers glip en die ANC die oorhand kry. Dié boek verskaf Niël Barnard se indringende blik op dit wat agter die skerms afgespeel het by Kodesa. Hy onthul ook hoe vertrouensbande tussen die ANC en NI gesmee is tydens geheime ontmoetings in Europese hotelkamers, en skryf oor sy wedervaringe in Moskou saam met die Russiese KGB.

Product Details

ISBN-13: 9780624079750
Publisher: Tafelberg
Publication date: 06/02/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 328
File size: 4 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Niël Barnard was in sy merkwaardige loopbaan akademikus, spioenbaas, geheime diplomaat, vredemaker, onderhandelaar en deurgaans 'n bobaas-burokraat. In die 1980's was hy hoof van die nuwe Nasionale Intelligensiediens (NI) en 'n vertroueling van pres. PW Botha vir wie hy oorreed het om die gevangene Nelson Mandela te ontmoet. In die aanloop daartoe het Barnard vanaf 1988 uitgerekte geheime gesprekke met Mandela gevoer wat uitgeloop het op sy vrylating, die ontperking van die bevrydingsbewegings en die historiese staatkundige onderhandelinge. As direkteur-generaal van die Staatkundige Ontwikkelingsdiens vanaf 1992 het hy 'n sleutelrol in dié onderhandelinge én die oorgangsproses gespeel. Ná die formele oorgang van 1994 het hy nóg 'n reuse-uitdaging in staatsbestuur aanvaar: om as administratiewe hoof van die Wes-Kaap dié streek as die onbetwisbare wenprovinsie in die land te vestig. Ook daarin het hy uitmuntend geslaag.
Tobie Wiese is 'n gesoute joernalis en skrywer. Hy was onder meer al nuusredakteur van Huisgenoot, adjunkredakteur van Insig en drie jaar lank lektor in die Joernalistiekdepartement aan die Universiteit Stellenbosch. In sy laaste jare by Media24 was hy ‘n bestuurder van die maatskappy se Joernalistieke Akademie.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews