Brugbouers: Die Reitz-video en die pad na versoening

Brugbouers: Die Reitz-video en die pad na versoening

by Rudi Buys
Brugbouers: Die Reitz-video en die pad na versoening

Brugbouers: Die Reitz-video en die pad na versoening

by Rudi Buys

eBook

$10.49  $12.00 Save 13% Current price is $10.49, Original price is $12. You Save 13%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

In 2008 is Suid-Afrika tot in sy fondamente geskud deur die omstrede Reitz-video-voorval aan die Universiteit van die Vrystaat. In dié video onderwerp vier wit mansstudente vyf swart werkers aan sogenaamde keuringstoetse vir koshuisplasing. Na videobeelde van hoe die werkers kos moes eet waarin daar klaarblyklik geürineer is, het rassespanning op die kampus opgevlam en stemme van protes wêreldwyd opgeklink. Om die situasie te help beredder, het die universiteit vir Rudi Buys as versoeningskonsultant gewerf, waarna hy as studentedekaan aangestel is. Buys se werk by die universiteit sou uiteindelik simbolies word van ’n feller konflik in Suid-Afrika – tussen versoening en ’n dreigende rassestryd, ou en nuwe denkwyses, hoop en wanhoop. Hierdie boek fokus op “tussenin-wees”. Die verhale van vier studenteleiers uit daardie onstuimige tydperk, asook die ingrypings wat onderneem is, word belig. Vir Buys was die proses by Kovsies ook ’n geleentheid om van sy eie Afrikaner-verlede sin te maak. Die gebeure by die universiteit illustreer dat Afrikaners, in hulle strewe om hul eie verlede met ’n toekoms in die land te versoen, oor die potensiaal beskik om ware brugbouers te wees en medeargitekte te word van ’n nierassige toekoms. Brugbouers bied waardevolle lesse vir elkeen wat ernstig is oor aktiewe burgerskap en sinvolle transformasie in Suid-Afrika.

Product Details

ISBN-13: 9781776091850
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 06/01/2018
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 216
File size: 565 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Dr. Rudi Buys was die studentedekaan aan die Universiteit van die Vrystaat tydens prof. Jonathan Jansen se rektorskap. Rudi is ’n kenner op die gebied van versoening en het verskeie universiteite bygestaan om rassespanning te ontlont. Hy is tans die dekaan van lettere en wysbegeerte aan die Cornerstone Instituut in Kaapstad.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews