eBook

$10.49  $11.97 Save 12% Current price is $10.49, Original price is $11.97. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe. Hulle kom uit baie verskillende wêrelde: Daar’s 'n uitgebrande chirurg, 'n bedroefde tipe A-prokureur, haar opstandige studentedogter, 'n oorgewig, oorstelpte huisvrou en ma van drie, en 'n vreesbevange jong data-analis in haar liefde verlaat. Hulle beland saam in groepsterapie vir die traumas wat die lewe hulle onlangs opgelê het, en deel van die terapie is 'n river rafting-ekskursie op die woeste Oranjerivier. Wanneer hul manlike gids daar in groot moeilikheid beland, moet dié vyf diep verskillende vroue saamspan, verby hul eie probleme en struwelinge kyk en die gevaarwaters sónder hul gids aandurf – of hy, en hulle, oorleef dalk nie. 'n Bemagtigende vroue-avontuur oor spanwerk, volharding en jou eie ding met oortuiging doen, deur die span van Pad na jou hart en Vir altyd. Die gelyknamige rolprent met Donnalee Roberts in een van die hoofrolle begin op Vrouedag 9 Augustus landwyd draai.

Product Details

ISBN-13: 9780795801754
Publisher: Queillerie
Publication date: 06/26/2018
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 224
File size: 2 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Adeline Radloff het in haar jeugjare deur meer as 25 lande gereis. Sy het 'n regsgraad en 'n MA in Engelse letterkunde verwerf. Sy is bekroon met twee Sanlam-pryse vir Jeuglektuur vir haar jeugboeke Sidekick en Chain Reaction. In 2012 verskyn Een Stad, Drie Rooikoppe, Sewe Dae, wat sy saam met haar suster Lili geskryf het. Sy woon in Kaapstad.
Vervaardiger, skrywer en akteur Donnalee Roberts is bekend vir haar werk in Pad na jou hart en Vir altyd, en op TV in 7de Laan. Sy is saam met Ivan Botha mede-eienaar van die maatskappy 17 FILMStreet Media. Donnalee is medeskrywer en -vervaardiger van en speel ’n hoofrol in die 2018-avontuurfilm Stroomop.
Akteur, skrywer en vervaardiger Ivan Botha is bekend vir sy werk in die lokettreffers Pad na jou hart en Vir altyd, en in 2018 Stroomop, saam met Donnalee Roberts. Op TV was hy onder meer te sien in 7de Laan, Villa Rosa en Getroud met rugby. Hy is mede-eienaar van die maatskappy 17 FILMStreet Media.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews