Ek woon in Gauteng aan die Oos Rand en is al sedert 1975 getroud met Jerry. Ons het 5 kinders en ’n klompie kleinkinders vir wie ek almal baie lief is. Ek hou van tuinmaak, doen naaldwerk, verf dekordoeke, en doen sommer so ’n ietsie van als wat vir my lekker is. Ek het nie, soos die meeste skrywers, die een of ander universiteitsgraad nie. Ek is ’n plat op die aarde, tuisteskepper wat hou van mense. Inspirasies vir my verhale kry ek meestal deur net te luister na die stories wat hulle vertel uit hulle verlede of van alledaagse insidente wat plaasvind.