Hartklop Omnibus 1

Hartklop Omnibus 1

Hartklop Omnibus 1

Hartklop Omnibus 1

eBook

$10.99  $12.44 Save 12% Current price is $10.99, Original price is $12.44. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

In Hoe kwesbaar die hart vertrou dokter Brenda Wiechers nie aantreklike mans nie. Daarom onderdruk sy die gevoelens wat die dodelik aantreklike dokter Charl Naudé in haar wakker maak. Hy is boonop getroud, des te meer rede vir Brenda om hom te vermy. Tog kom sy mettertyd agter dat daar ʼn ánder storie agter sy suksesvolle uiterlike lê. In Dokter van drome moet Anastasia de Wit desnoods vir die plastiese chirurg dokter Juan Harmse werk. Wat haar betref, is hy bloot ʼn aantreklike geldwolf wat vroue se ydelheid uitbuit en al die pad bank toe lag. Daar is ʼn gedrewe passie in hom wat haar bang – en ook opgewonde – maak… In Tango met ʼn chirurg is mediese student Salome keelvol vir alles en almal by Chirurgie: Hoekom is die briljante maar befoeterde dr. Bart de Lange, haar studieleier, so snaaks met haar – en dit terwyl sy net oë het vir hom? En professor Tjaart Dekker? Wat voer hy in die mou met al sy bedekte insinuasies? Daarom wend sy haar tot die een ding wat sy kán doen – tango.

Product Details

ISBN-13: 9780624073956
Publisher: Hartklop
Publication date: 06/06/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 512
File size: 641 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Dr Malene Breytenbach het drie meestersgrade asook ʼn doktorsgraad in joernalistiek. Sy en haar man woon op Stellenbosch. Malene skryf sedert 2009 heeltyds en het verskeie liefdesverhale op haar kerfstok, sowel as die romans Gister is ʼn ver land, Pluimprinse en Bloedgrond (Mei 2011).
Kristel Loots het heerlike sorgvrye stofstraat-kinderdae gehad as een van die klipgooiers van Despatch. Dis hier waar haar verwondering met die mensdom begin het en sy het toe stories daaroor begin skryf. Sy skryf vir jare al tydskrifverhale en het verskeie romanses en romans, insluitend chick-lit soos Sushi en sjampanje, ʼn Hap van die appel, 2011 se baie gewilde Troukoek maak nie vet nie en ʼn Lipstiek-lewe op haar kerfstok. Sy woon in die Kaap.
Rykie Roux (ʼn skuilnaam) het meer as tien jaar lank as joernalis gewerk. Nadat sy omtrent twintig tydskrifverhale op haar kerfstok gehad het, het sy vir die eerste keer haar hand aan ʼn langer liefdesverhaal gewaag, wat in 2001 gepubliseer is.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews