Liewe Heksie se groot omnibus

Liewe Heksie se groot omnibus

by Verna Vels
Liewe Heksie se groot omnibus

Liewe Heksie se groot omnibus

by Verna Vels

eBook

$11.49  $15.20 Save 24% Current price is $11.49, Original price is $15.2. You Save 24%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

41 stories in een omnibus! Hierdie groot omnibus sluit al die oorspronklike Liewe Heksie-stories in wat in die eerste Liewe Heksie-omnibus (2002) en Liewe Heksie en die rekenaar (1999) vervat is. Liewe Heksie is Blommeland se enigste en eie heksie. Al dink die meeste kabouters sy is dom, is Heksie eintlik baie slim en dapper en sy is die enigste heksie wat soms per ongeluk vir Griet die perd kan toor. Koning Rosekrans en die kabouters moet gedurig rekening hou met ou Geelheks en haar Gifappeltjies wat probeer om die kosbare Silwer Roos te steel. En al maak Heksie soms vir koning Rosekrans baie kwaad, kan sy en haar maats die nare Gifappeltjies gewoonlik gou op hulle plek sit. Die bekoorlike Levinia Heks en al die bewoners van Blommeland sal oud en jonk steeds laat skaterlag met hulle manewales. Verna Vels se klassieke verhale is al vir meer as 50 jaar gewild en Vian Oelofsen se lewendige illustrasies sorg dat Liewe Heksie se avonture nog net so bekoorlik is soos altyd.

Product Details

ISBN-13: 9780798172745
Publisher: Human & Rousseau
Publication date: 07/06/2016
Series: Liewe Heksie
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 448
File size: 6 MB
Age Range: 6 - 9 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Verna Barbara Robertson Vels is op 13 Junie 1933 op Reitz in die Vrystaat gebore. Sy voltooi haar skoolloopbaan op dié dorp en gaan in 1952 na die Universiteit van Pretoria. In 1954 behaal sy ín BA-graad met drie hoofvakke, Afrikaans/Nederlands, Engels en Kunsgeskiedenis. In Desember 1954 begin sy by die SAUK in Durban werk as omroeper, en vir die res van haar professionele loopbaan sou sy betrokke wees by die radio- en televisiewese. In 1963 word sy na Johannesburg verplaas waar sy vir etlike jare die vroue-, kinder- en kunsprogramme behartig. In 1968 werk sy in Hilversum, Nederland, vir die buitelandse diens van Radio Suid-Afrika. In die middel 1970’s maak Verna ’n loopbaanskuif van radio na televisie – aanvanklik as regisseur en met haar aftrede in 1993 is sy die vrou met die hoogste uitvoerende posisie by die Suid-Afrikaanse televisiediens. Die Liewe Heksie-stories is aanvanklik as radioverhale aangebied en die eerste een is in 1961 op die kinderprogram Siembamba uitgesaai. Twee jaar later is daar met ín reeks radioverhale begin en in 1965 het die eerste boek by Human&Rousseau verskyn. Liewe Heksie is later vir televisie verwerk en op video uitgereik, dit is op plaat, kasset en CD vrygestel. Liewe Heksie en die rekenaar het in 1999 verskyn en is met die Tienie Holloway-medalje, ATKV-kinderboektoekenning en C.P. Hoogenhout-toekenning bekroon.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews